Tel:  014-592 3257      Fax:  011-252 6669    Rustenburg, NW    Submit News: news@platinumweekly.co.za  Request Quote:  ads@platinumweekly.co.za
John 8:7  ...."He who is without sin among you, let him throw a stone at her first."   John 8:11   ....."Neither do I condemn you; go and sin no more."
 
       
       
       
       
    '  
     
     
     
       
   

Izak Davel

 
     
   

011 880 1027

 
   

ijdavel@gmail.com

 
               
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
               
    Quotes & Info:
Renee
014 592 5245
  Quotes & Info:
Selina
014 592 9677
 
       
       
    sassy@platinumweekly.co.za   selina@platinumweekly.co.za  
    Quotes & Info:
Rudolph
014 592 5245
  Quotes & Info:
Myrtle
014 592 9686
 
       
       
    rudolph@platinumweekly.co.za   myrtle@platinumweekly.co.za  
               
    Pics of Wedding Dresses   Pics of Wedding Table Settings  
       
       
   

Izak Davel borrel met veelsydige energie!
DIE DANSER
Die gewilde en veelsydige ster  Izak Davel is ‘n danser  (met ‘n nasionale diploma in dans, verwerf aan die Tshwane-universiteit van tegnologie), ‘n mansmodel, sanger, liedjieskrywer en akteur. 
DIE AKTEUR
Izak se dansvaardigheid het hom rolle besorg in die blyspele Joseph and his amazing technicolour dreamcoat, Jesus Christ superstar, The Sleeping beauty, The Queen show en Life at Centre Stage. Hyhet sy akteursdebuut  in  die BBC-produksie Uncle Max, gemaak, waarin hy die rol van ‘n  head banger vertolk het. Hy is egter veral bekend in sy rol as Scab in die M-Net se televervolgverhaal Egoli, Plek van Goud; van 2006 tot 2008.
DIE SANGER
Ná  Egoli, het Izak gou-gou gewildheid as sanger verwerf met sy albums Ken Jy My? en Verlore harte. Hy werk nou aan sy derde ateljee-album.
DIE UITHOUER
Verlede jaar het Izak ‘n prikkellyf  geraak toe hy aan M-Net se realiteitsreeks Survivor South Africa: Santa Carolina deelgeneem het en mense na asem laat snak het in sy volrooi mankini! Maar jammer, ons het g’n kans om nader te loer nie, want  Izak is gelukkig getroud met  Mericke, en hulle beplan om aanstaande jaar met ‘n gesinnetjie te begin. Gelukkig is daar ‘n ryk- en luisterfees waarna ons kan uitsien: ‘n vollengte rolprent, ‘n rol in die gewilde sepie Villa Rosa – én ‘n splinternuwe album!
DIE ROLPRENT
Getroud met Rugby – Die Onvertelde Storie, gegrond op die kyk-NET-reeks, is  die onvertelde verhaal wat tussen die twee reekse gebeur en is nie afhanklik van wat in die reekse gebeur het nie.  Die fliek vertel die verhaal van twee gebreekte mense, (Izak Davel en Altus Theart), albei rugbyspelers wie se paaie kruis om hulself weer te vind. 
“Ek vertolk die rol van Reghart Venter, ‘n mechanic van die verkeerde kant van die treinspoor. Hy  was ‘n belowende rugbyspeler,  maar het die pad byster geraak. Nadat hy vir die hoeveelste keer aangekla word vir bakleiery en aanranding kry hy ‘n finale waarskuwing om homself reg te ruk of om tronk toe te gaan,” vertel Izak.
Reghart word gevonnis om gemeenskapsdiens te dien. As boetedoening word moet hy dan rugby-afrigting kry by die gevalle held Fafa Beltrame (Altus Theart) van die Stryders-rugbyspan. Vinnige Fafa, eens die vinnigste vleuel in die land en haan onder die henne, het ook die  pad byster geraak nadat hy en sy vrou, Kiki (Hanna Grobler), ‘n dogter verloor het en uitmekaar is. Fafa soek sy toevlug in drank en in die proses vervreem hy almal in sy lewe wat vir hom omgee.
Wanneer Reghart teen sy wil na Pottie se Plek (die Stryders-rugbyspan se uithangplek) gesleep word deur sy vriende ontmoet hy Lize (San-Marié Nel).
“Vir die eerste keer in Reghart se lewe is daar iets waarteen hy nie kan baklei nie. Sy hart. Deur die metafoor van rugby help twee gebreekte manne mekaar om weer hulle pad te vind,” sê Izak, wat in werklikheid geensins soos die karakters is wat hy vertolk nie.
DIE MENS
Dié pastorieseun ag geloof en Christenskap hoog. “Sónder die Here se krag en genade was en is ek niks. Alles wat ek het en alles wat ek doen, is net te danke aan my Hemelse Vader!” Hy het deursettingsvermoë en is uiters geduldig.” Ek is hárd op myself en ek weet wat ek in die lewe wil hê!”
Izak is opreg familievas. “My gesin is my fondasie, my kompas, die vesting waarheen ek altyd sal terugkeer. Familie bied standvastigheid.”  Izak sê hy het eintlik ‘n sagte, klein hartjie en skroom nie weg van sentiment nie. “Ek hou van eerlikheid, liefde en respek. Ek het dit in ‘n liefdevolle huis geleer en dit sal altyd deel van my lewe wees. Ek ken nie voorgee  nie en ek glo werklik wat jy aan ander doen, sal terugkom na jou toe. Ek is dalk te saggeaard en soms tel dit teen my!” Hy put vreugde uit die skoon reuk van reën op ‘n warm dag, die ritme van reën op ‘n sinkdak, spontane skaterlag, opregte vriendskap – en veral die liefde van sy vrou.
Hy slyp sy fiksheid al van kleintyd af. Hy is ‘n sportiewe ou en het destyds SA kleure in atletiek en Natalkleure in landloop verwerf. Hy het rugby gespeel – én vioolles geneem! “Wat ek gehaat het! Ek sou eerder kitaar wou speel.” En toe verwerf hy sommer ‘n nasionale diploma in sy ander gunstelingtydverdryf: dans, aan die universiteit van Tshwane.
Kleintyd wou Izak graag ‘n fisioterapeut word. “Ek was sportmal en die mens se spierweefsel is verstommend.”
Sy ander groot droom was om ‘n internasionale danser te word, maar sewe knie-operasies het dit verhinder. Dit het hom egter nie verhinder om ander met hul drome te help nie. Hy is ‘n knáp Pilates-instrukteur, dansafrigter en ‘n bedrywige choreograaf.
Sy eie lyf hou hy soepel met oefeninge drie keer per week in die gimnasium. “Ek probeer soveel as moontlik dans, gym en reg eet!  Maar ek moet erken: ek is verslaaf aan boerekos en swart koffie en ek vergryp my gereeld aan sout-en-asyn tjips En ek is mal oor slaap – wanneer ek nie werk nie. Slaap is ‘n energie-booster! Rondry en kuier ook…”
Wanneer Izak in die openbare oog is, is hy die glansbladster. “My groot bederf is om klere te koop. Ek hou tendense goed dop, kyk want mense aantrek en dan hou ek myself op datum op my manier en om my smaak en styl te pas.” Hy meen mooi skoene en gespe-gordels is ‘n modemoet en dit is dalk tog oukei om verskillende ontwerper-etikette te kombineer, al pas dit dan dan kwansuis nie bymekaar nie. Izak wys gereeld bolyf en spiere op die verhoog en vir die kamera . “Ek het nou wel nie ‘n veld vol borshare nie, maar moet maar die paartjies wat uitkruip gereeld skeer. Dis net skoner.”
En al wat hy nog wil doen: “is om welslae te behaal in álles wat ek doen – én om álmal gelukkig te maak!”