Tel:  014-592 3257      Fax:  011-252 6669    Rustenburg, NW    Submit News: news@platinumweekly.co.za  Request Quote:  ads@platinumweekly.co.za
John 8:7  ...."He who is without sin among you, let him throw a stone at her first."   John 8:11   ....."Neither do I condemn you; go and sin no more."
 
       
       
       
       
    '  
     
     
     
       
    Tobi Jooste  
     
    tobiej@xsinet.co.za  
    083 635 4717  
               
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
               
    Quotes & Info:
Renee
014 592 5245
  Quotes & Info:
Selina
014 592 9677
 
       
       
    sassy@platinumweekly.co.za   selina@platinumweekly.co.za  
    Quotes & Info:
Rudolph
014 592 5245
  Quotes & Info:
Myrtle
014 592 9686
 
       
       
    rudolph@platinumweekly.co.za   myrtle@platinumweekly.co.za  
               
    Pics of Wedding Dresses   Pics of Wedding Table Settings  
       
       
   

In a Class of it’s own!
Hierdie gebore plaasseun van die karoo het vyf jaar gelede met mening in die musiekbedryf ingespring en ‘n besluit geneem om van sy sangloopbaan ‘n sukses te maak!!  En vandag is hy volstoom op pad na sukses!
Die meerderheid van sy kliënte wat hom bespreek het vir optredes, het hom vir ‘n tweede en selfs derde konsert teruggenooi. En om te bewys dat sy optrede van uitstaande gehalte is, is hy die enigste kunstenaars wat ‘n geld-terug-waarborg plaas op sy fooie!!

  1. Vier Europese toere agter die rug
  2. Reik in Nov 2009 sy vierde album uit.
  3. Sy eerste boek, INLUISTER,l verskyn 2008, en is in sy derde druk.
  4. ‘n Internasionale modelkontrak…
  5. Bestuur sy eie grafiese ontwerp ateljee...
  6. Aanbieder van sy eie tv reeks REIK NA DIE STERRE op kykNET en ook  aanbieder van Paparazzi vir TopTV tans.
  7. Stel binnekort sy eie klerereeks bekend.
  8. Sopas sy eie parfuum- en skoonheidsreeks begin.

Tall, dark & handsome, perfectly groomed and impeccably dressed, the clean cut Karoo hunk with the rich baritone
voice is an enigma. Tobi Jooste has got style and elegance.
Meer oor sy musiek…
Indien die musiek van sterre soos Patrizio Buanne, Josh Groban en I’ll Divo aan jou hartsnare ruk, kan jy verseker weet dat Tobi Jooste met sy fluweerstem menig vroue na meer sal laat vra!!
Na sy eerste openbare optrede het Tobi reeds besef dat geen ander beroep hom sou kon bevredig nie.
Musiek en plesierigheid  is in oorvloed in dié aantreklike gevoelsmens se bloed.  Sy bewonderaars som dit so op:   “Sy liedjies is betekenisvol”  “Hy maak elke vrou se bene lam.”   “Daar  is nie ’n beter stem as syne nie.”
BEELD het onlangs gesê: „Tobi Jooste mag dalk die enigste opvolger wees wat Ge Korsten ooit sal hê!“
Uit die afgelope jaar se toere en optredes het gehore dit duidelik laat blyk dat hulle gek is na Tobi se  klassieke musiek.  Die verskil is egter dit – geen hoogdrawende en formele aanslag word aan die musiek verleen nie.  Die teendeel is eerder waar en Tobi se fokus is om klassieke musiek op ‘n moderne, vars en hedendaagse styl vir gehore aan te bied.
As seremoniemeester het hy homself reeds in onder andere die korporatiewe mark, deur en deur bewys. Sy humoristiese maar tog professionele aanslag maak hom baie gewild.
Tobi bekoor oud en jong met sy geheimsinnig-romantiese.
Sy optredes is geen gefluister in ’n mikrofoon nie; hy maak sy mond oop en sing:  voluit en vol energie.  Sy sang kom van binne en elke optrede word ’n verhouding met idereen in die gehoor.
Met sy musiek neem hy jou op ’n sterrereis, en met sy stories bring hy jou aarde toe tot jy kruip soos jy lag.
Hierdie sanger, model, TV Aanbierder, sakeman en skrywer is in ’n klas van sy eie.