Articles
Sport & School News
18 May 2018

 

Highlanders vs Leeus
Die Leeus se maanhare word weer geknoop deur die Highlanders wat met 39-27 wen. Ou grote, die Leeus se spel vanjaar is nie naastenby dieselfde as verlede jaar nie. Die Leeus speel volgende teen die Brumbies in Jo’burg met die Highlanders wat in Sydney teen die Tahs gaan uitdraf.

 

 Crusaders vs Waratahs
In Christchurch moes die verdedigende kampioene ‘n agterstand van 0-29 uitwis om met 31-29 die wa deur die drif te trek. Die Saders speel volgende teen die Blues in Auckland terwyl die Waratahs teen die Highlanders in Sydney gaan uitdraf.

 

 Sunwolves vs Reds
In een van die grootste verrassings in die geskiedenis van Super Ruggas, klop die Wolwe die Reds in Tokio 63-28 ou grote! Die Bokke se verloor teen Japan ‘n paar weke gelede was ‘n grap en nou het ‘n Aussie span die beurt om mee gespot te word. Die Wolwe speel volgende in Tokio teen die Stormers met die Reds wat die onaangename takie het om teen die Hurricanes in Wellington uit te draf.

 

 Bulle vs Haaie
In ‘n spannende, klipharde SA derby slaag die Bulle daarin om die Haaie 39-33 te klop. Dit was goeie ruggas en die Bulle het verdien om die een te wen. Die Bulle speel volgende teen die Jaguares in Buenos Aires met die Haaie wat tuis teen die Chiefs gaan kragte meet.

 

 Blues vs Hurricanes
Die Blues se treurmare duur maar voort. Hul verloor 36-15 teen die Canes. Die eens gevreesde blou masjien sal moet groot veranderinge maak, want só kan hulle nie aangaan nie! Die Canes speel volgende teen die Reds in Brisbane en die Blues gaan teen die Saders in Auckland opdraf.

 

 Brumbies vs Rebels
Die Rebels verras in Canberra en kom van ‘n 5-23 agterstand en wen welverdiend 27-24. Die Brumbies reis SA toe om teen die Leeus in Jo’burg uit te draf met die Rebels wat ‘n welverdiende loslootjie het.

 

Stormers vs Chiefs
Op Nuweland stel die Kapenaars erg teleur en verloor 15-9 teen die Chiefs. Die Stormers reis nou Tokio toe om teen die Japannese Wolwe te gaan uitdraf. Die Chiefs is op pad Durban toe om Haaie te gaan aanvat.

Share this article with a friend...