BOEREMUSEKFEES 7 tot 9 September
Leeupoort – Groot opwinding heers oor die komende fees wat beloof om baie interessant en aanskoulik te wees! Die Boeremusiekfees vind plaas 7 tot 9 September te Leeupoort.
‘n Goeie balans van tradisionele en moderne boeremusiek kan verwag word. Baie bekende musikante soos Hannes Schoeman, Pieter Zwart, Danie Grey, Paul Roodt, die Magalies Boere Orkes, Coenraad Harm, Willie Mynhardt, Willie Jooste, Wikkel Fanie, Juan Vermaak, Connie du Toit en selfs Greg Fisher en sy orkes wat al die pad van die Kaap afkom, is op die boeke.
‘n Groep van 30 musikante wat diep spore getrap het in boeremusiekgeledere, word Vrydagaand 7 September as ikone van Boeremusiek vereer.
‘n Hoogtepunt van 8 September is natuurlik die optrede van Ricus Nel en sy orkes, wat die gehoor vir meer as ‘n uur met sy gewilde nommertjies sal vermaak.
Soos gewoonlik sal daar baie kos– en ander stalletjies wees. Die naweek word Sondag afgesluit met ‘n dankdiens wat opgeneem en uitgesaai sal word deur Pretoria FM.
Verdere inligting kontak Pieter Bodenstein by 082 410 1655 of Pattie Jordaan by 083 320 3068 of gaangroen@gmail.com.
© 2017 - All Rights with Platinum Weekly