Articles
Churches & NGO News
02 November 2018

Rustenburg – NG Bergsig het op 20 en 21 Oktober vir families die geleentheid gegee om kwaliteit tyd saam te spandeer.


Saterdag het kinders die geleentheid gehad om die kinderjol by te woon waar hulle vrolik baljaar het tussen springkastele en glybane.

Sondag het families, na afloop van die erediens, bymekaargekom om die braaivleisvure waar almal die samesyn saam kon geniet.

Van links: Marizelle Jordaan, Lize Jacobz en Lume Martins het hulself gate uit geniet
Van links: Lisha Nelson en Isanry Niemand het die kinders opgepas by die geleentheid.
Van links: Kyke Sutton, Michelle Vorster en Chantelle Vorster by die springkasteel.

 

Share this article with a friend...