Articles
Headline News
12 May 2017

Brits – In nóg ‘n plaasaanval op Soutpansdrift net buite Brits is Gerrit Dercksen (51) en sy vrou Anet Dercksen, Vrydagaand, 5 Mei 2017 tussen 22h00- 23h00, deur drie gewapende mans oorval en aangerand.

Gerrit is oorval en oor die kop geslaan. Die paartjie is aangehou met vuurwapens en kontant is geëis. Ambulans en sektorlede was vinnig op die toneel nadat bure onraad vermoed het.

Leander Dercksen

Volgens  W/O  Mpeile Talane, polisiewoord-voerder, is ‘n saak van poging tot besigheidsdiefstal geopen. Een van die aanvallers is vasgekeer en het voor die Brits Magistraatshof verskyn, nadat gemeenskapslede gehelp het om hom op te spoor. Die verdagte is een van Dercksen se werkers.

* Gerrit en Anet Dercksen is die ouers van Leander Dercksen, wat drie jaar terug wreed in die mielieland dood-geslaan en sy voertuig gesteel is.