Laaste pyl, dubbele kroon!

Platinum Weekly koerant | Rustenburg – Vastrap se Kaylene Flowers het haar laerskoolboogskietloopbaan op Vrydag 2 Oktober 2026 in Jeffreysbaai op ’n hoogtepunt afgesluit. Sy is by die AGA Suid-Afrikaanse Interskoleboogskietkampioenskappe as dubbele Suid-Afrikaanse kampioen in die laerskooldogtersafdeling gekroon nadat sy die Bulls Eye- én 2D-afdeling gewen het. Die byeenkoms het skole en klubs van regoor die land in ’n feestelike familie-atmosfeer saamgebring. Vastrap staan breëbors!
