Articles
Sport & School News
10 February 2017

Joost van der Westhuizen, een van die beste skrumskakels in geskiedenis, sterf op 6 Februarie 2017 in sy woning na ‘n ses-jaar stryd met motorneuronsiektes (MNS) of amiotrofiese laterale sklerose.

Joost sal onthou word as ‘n vegter op en af die veld. Hy was ‘n Blou Bul legende en het so ook een van die grootste Springbokke geword.

Joost van der Westhuizen
20/02/1971 - 06/02/2017

Internasionale spelers van regoor die wêreld het Joost gevrees as rugbyspeler. Sy vriend, die ontslape, All Black legende Jonah Lomu, het Joost besoek in Suid-Afrika en het bevestig dat hy Joost op die veld gevrees het.

Joost hou steeds die wêreldrekord vir die meeste drieë as skrummie. Hy was kaptein van die Blou Bulle wat die Curriebeker twee keer verower het, en was ook lid van die 1995 historiese Wêreldbeker toernooi wat die Springbokke saam Madiba verower het. Hy was ook tien keer die Bokkaptein.

Joost, rus in vrede.

Share this article with a friend...