Articles
Sport & School News
10 February 2017

Haaie vs Cheetahs

Die Haaie klop die Cheetahs 37-7 in ‘n opwarmingswedstryd en wys tande so vroeg in die seisoen. Die besering aan die kookwater agsteman, Keegan Daniel, is baie ernstig en hy sal vir tien weke buite aksie wees. Die terugkeer van die skrummie Cobus Reinach was ‘n ligpunt na sy besering wat hom veertien maande van die veld gehou het.

Die Cheetahs was feitlik op volle sterkte maar het nog baie werk wat voorlê voor die reeks afskop ou grote... Die Haaie speel volgende teen die Bulle in nog ‘n opwarmingswedstryd.

HSBC Sevens Sydney

Die Blitsbokke klop Engeland in die finaal 29-12. Die Blitse verloor in hulle groep wedstryd teen die bleekbene, maar was verwoestend in die finaal.

Seabelo Senatla, tans die beste Sewe’s speler op die planeet, speel dan sy laaste toernooi vir die Blitse. Hy sluit hom nou aan by die Stormers en hoop om daar net soveel drieë in te ryg.

Kwagga Smit het ook sy laaste game vir die Blitse gespeel en gaan aansluit by die Leeus.

Die Blitse het nou in vier eindstryde gespeel en is nou gerieflik voor op die punteleer. Die volgende toernooi is in Las Vegas. Nag ou grote...

Share this article with a friend...