Articles
Sport & School News
09 March 2018

Rebels vs Sunwolwes
Die Rebels is nog onoorwonne vanjaar en klop die Japannese Wolwe gemaklik 37-17. Die Sunwolwes reis SA toe om teen die Haaie in Durban uit te draf. Die Rebels pak die Brumbies in Melbourne.

Reds vs Brumbies
Die Reds verras en klop die Brumbies in ‘n tipiese eentonige Aussie derby 18-10. Die Brumbies speel volgende teen die Rebels met die Reds wat tuis teen die Bulle uitdraf.

Blues vs Chiefs
In ‘n opwindende game klop die Chiefs die Blues 27-21 in Auckland. Die Blues speel volgende teen die Leeus in Jo’burg. Die Chiefs verdien ‘n loslootjie.

Crusaders vs Stormers
Die Saders was verwoestend en leer die manne van die Kaap ‘n behoorlike rugga les ou grote en wen verspotmaklik 45-28. Die Stormers speel volgende teen die Highlanders in Wellington. Die Saders gaan in Wellington teen die Hurricanes uitdraf wat beloof om ‘n riller te wees.

Haaie vs Waratahs
In die Haaitenk stel die Haaie erg teleur en speel gelykop teen die Tahs 17 elk. Die uitslag gaan die Durbaniete duur te staan kom later in die kompetisie, en om gelykop te speel is dieselfde satisfaksie as om jou skoonma sonder tanne oopmond te soen! Die Haaie speel volgende teen die Japannese Wolwe tuis met die Tahs wat Buenos Aires toe reis om teen die Jaguares uit te draf.

Bulle vs Leeus
Op Fort Loftus slaag die Leeus daarin om die Bulle 49-35 te klop in ‘n opwindende game. Vir die Bulle het Handrè Pollard op 12 ‘n uitstekende game gehad en aan die Leeus se kant het Malcolm Marx gewys hoekom hy as die beste haker op planeet aarde beskou word! 


Die Bulle reis nou Brisbane toe om teen die Reds uit te draf met die Leeus wat met die Blues in Jo’burg gaan kragte meet.

Nag ou grote...

Share this article with a friend...