Articles
Crime & Accidents News
10 February 2017

Koster – Drie mans het toegesak op ‘n plaas net buite Koster op Maandag, 6 Februarie 2017, en voorgegee om vee te wil koop. 

Die boer, eienaar van die plaas, het die drie mans nie onbeholpe gelaat nie, maar kort voor lank het twee addisionele aanvallers te voorskyn gekom. Díe haal toe ‘n vuurwapen uit en rig die vuurwapen op die boer.

Volgens Sersant Kelebogile Moleko, polisiewoordvoer-der, het die vyf mans die boer en sy vrou vasgebind met tou en hul aangehou in hul woning. 
‘n Skootrekenaar, juwele, twee vuurwapens en ‘n Nissan bakkie is gebuit. Die Polisie is verwittig, en na vinnige reaksie is drie van die vyf bendelede vasgetrek. Die voertuig, juwele en skootrekenaar is verhaal. 

Twee bendelede is steeds op vrye voet en die polisieondersoek duur voort. 
Die drie aangekeerde verdagtes, tussen 24 en 30 jaar, sal na bewering voor die Koster Landdroshof verskyn op Woensdag, 8 Februarie 2017 in verband met huisbraak. 
 

Share this article with a friend...