Articles
Crime & Accidents News
10 February 2017

Rustenburg – Dit is met leed dat die gemeenskap verneem van Jaques Engelbrecht se heengaan. Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag na die dood van mnr Jaques Engelbrecht, wat op 2 Februarie 2017 in ‘n bot-sing betrokke was met sy motorfiets op die h/v Heefer en Krugerstrate, aldus Kaptein Elsabé Augoustides.

Wyle Jaques Engelbrecht

Ons betuig ons innige meegevoel aan die vriende en familie van Jaques Engelbrecht, en in besonder aan sy vrou Lizelia Engelbrecht. 
Lizelia Engelbrecht deel op sosiale media, ‘Dankie aan almal wat ons ondersteun in die donker tyd. Dankie vir julle omgee en mooi boodskappe. Ek het my man innig lief en die leemte is groot. Hy was ‘n wonderlike pappa.’
 

Share this article with a friend...