Articles
Sport & School News
10 February 2017

Rustenburg – In samewerking met Coastal Toolhire, Digit Vehicle Tracking en EVR, toer Laerskool Rustenburg se Lavvy tog te lekker oral in Rustenburg rond!

DupWest Ing het vir De Wet De Villiers Makelaars genomineer. Weereens word die Lavvy met ope arms en spangees ontvang! Beide DupWest Ing en De Wet De Villiers Makelaars betaal hul Levies en die Lavvy mag dus nie aan hulle terug gestuur word nie.
Hier is ‘n groep foto van De Wet De Villiers Makelaars; Andre Jnr Schelhase, Anelia Jordaan, Anne-Marie De Vos, Bianca Holloway, Callie Schlotfeldt, Carel Breet, Heather Mc Millan, Dandeline Craus,  Denise Kirsten, Elanada van Tonder,  Eleonore Schelhase, Elette Deysel, Eloise Erasmus, Elrien Botha, Elsa Olivier, Emmarentia Van Ryneveld, Eureka Coetzer, Heather McMillan, Jeanine Fourie, Johann De Wet, Karin Brummer, Karin Knoetze, Louise De Beer, Naomi Fick, Petro De Beer, Susan Grobler, Thomas De Wet, Thomas Schlotfeldt, and Wilma Engelbrecht. 

“Baie dankie aan elke besigheid wat die Lavvy met ‘n prettige gees ontvang en Larries glad nie teleurstel nie.  Ons is opreg dankbaar!”

Die Lavvy is toegerus met ‘n opsporings-eenheid van Digit Vehicle Tracking.  Deur die ‘Toep’ af te laai van Google Playstore of die Appstore op die I-foon kan die Lavvy se daag-likse bewegings gemonitor word. Hou gerus ons Facebook Webblad dop vir foto’s soos dit elke dag gebeur!

De Wet De Villiers Makelaars nomineer op hul beurt vir Panelbeating Unlimited waar die Lavvy deur die werkswinkel ‘n draai maak vir ‘n kuier by die golf karretjie en die Bestuurspan! Welgedaan aan Panelbeating Unlimited, hul betaal hul Levy en dus mag die Lavvy ook nie terug aan hulle gestuur word nie!
Hier is ‘n groepfoto van Panelbeating Unlimited – Chris van Wyk; Thato Kgafela, Lizelle Swart; Andre Verwey; Wiehan Schoeman; Bobby Verwey; Jaco Verwey; Melanie Verwey; Hettie vd Westhuizen; Dawn Jordt; en George van Niekerk.

EVR is verantwoordelik vir die vervoer van die Lavvy van een besigheid na die nuwe genomineerde besigheid. Coastal Toolhire is die borg van ons pragtige, helder oranje Lavvy wat vir myle ver gesien kan word! 

Best Auto stel ons ook nie teleur en met ‘n uitstekende sin vir humor aanvaar hulle die lavvy en sy uitdaging. Op die foto is David Nevin (links) en Melvin Erasmus van Best Auto.

Hoe dit werk? Die Lavvy word afgelaai by ‘n besigheid wat Laerskool Rustenburg nomineer. Die besigheid mag die Lavvy weer by ‘n ander besigheid aflaai wat hulle nomineer vir ‘n fooi. Sou die besigheid wou voorkom dat die Lavvy weer by hulle afgelaai word, mag hulle ‘n Lavvy betaal wat verhoed dat die Lavvy vir ‘n tweede keer by hulle beland.  Sou hulle die Lavvy langer as 24 uur hou, is daar ‘n boete betaalbaar.

Hier is Westvaal Rustenburg spanlede Karabo Maphule; Johan Smal; Paul Francisco; Eddie Achadinha; Stephan Kuwani; Leo Nel; en Millicent Manamela.

DupWest Ing het vir De Wet De Villiers Makelaars genomineer. 
Weereens word die Lavvy met ope arms en spangees ontvang! Beide DupWest Ing en De Wet De Villiers Makelaars betaal hul Levies en die Lavvy mag dus nie aan hulle terug gestuur word nie.

De Wet De Villiers Makelaars nomineer op hul beurt vir Panelbeating Unlimited waar die Lavvy deur die werkswinkel ‘n draai maak vir ‘n kuier by die golf karretjie en die Bestuurspan! Welgedaan aan Panelbeating Unlimited, hul betaal hul Levy en dus mag die Lavvy ook nie terug aan hulle gestuur word nie!

Maar die pret hou nie hier op nie... die lavvy reën sopnat gedurende die nag by Panelbeating Unlimted, maar Larries gaan ongedeerd voort! Panelbeating Unlimited nomineer vir Best Auto.
In die begin was Best Auto maar huiwering om my te ontvang.  
Best Auto stel ons ook nie teleur en met ‘n uitstekende sin vir humor aanvaar hulle die lavvy en sy uitdaging. Hul betaal dan ook die levy en daarom mag die lavvy ook nie weer terug gaan Best Auto toe nie.

Best Auto nomineer vir Maemo Motors, baie dankie Maemo.  Op hul beurt nomineer Maemo Motors toe vir Westvaal Rustenburg.

Westvaal Rustenburg help graag en nadat alles mooi verduidelik is aanvaar hulle die lavvy met al sy oranje glorie en almal glimlag breed! Baie dankie aan Westvaal Rustenburg – jul ondersteuning maak dit projek die moeite werd.

Westvaal nomineer vir Leons Motors – Michelle Herridge is gretig om die lavvy afgelaai te kry en Laerskool Rustenburg mag hom daar los tot Maandag! Dankie Michelle! Daarmee sluit ons die week af. 

Share this article with a friend...