Articles
Crime & Accidents News
10 February 2017

Rustenburg – ‘n Onbekende hoeveelheid mans het Woensdag laatmiddag omstreeks 16h30, 8 Februarie 2017, toegeslaan op ‘n kleinhoewe op die R24 of die ‘Ou Johannesburg-pad’ by een van die grondpaadjies agter die Kasteel. 

‘n Bejaarde boer, Mnr. Neil Erickson (65), is oorrompel en twee keer in die maag geskiet toe hy besig was om sy hek te sluit. Erickson en sy vrou Leatitia Erichsen (66) was oppad huistoe na ‘n uitstappie in die dorp. Hulle is aangehou met ‘n vuurwapen by die eerste hek op die grondpad wat lei na hul kleinhoewe, volgens Kaptein Elsabé Augoustides, polisiewoordvoerder. 

Die bejaarde paartjie is gedwing na hul tuiste toe waar die huis geplunder is deur die aanvallers. Die mans het kontant geëis en het hulself ewe met drink- en eetgoed trakteer. Bankkaarte, sel-fone en Erickson se enkelkajuit silwer Nissan Navara is gebuit, maar die bakkie is later die aand opgespoor in Hekpoort. ‘n Saak van poging tot moord word ondersoek. 

Erickson is gehaas deur Trauma Rescue na die naaste hospitaal en is opgeneem in teater. Hy is tans in die hoësorgeenheid (ICU) maar stabiel. 

Die gemeenskap, in besonder die GPF (Gemeenskapspolisiëring Forum) sektor 5 asook StaanSaam Rustenburg, het Erickson te hulp gesnel. Verskeie  addisionele veiligheidsmaat-reëls en patrollies is van stapel gestuur. 

Indien u deel wil word van GPF Sektor 5, kontak 082-573 3712.

Die grense van Sektor 5 is as volg; 

Waterglen, Waterkloof, Kroondal, Arnodistad, Matabeleng, Modderfontein, Kromrivier, Rhenosterfontein, Waagfontein, Rietfontein, Zuurplaat, Waterval Village (RPM), Boschfontein, Olifantsnek, Oorsaak, Waterkloof Area, Waterfall East Ext 1 tot 25, Moorishidol, Potato Bass, Shark Whale, Kroondal tot by Olifantsnek. Die JHB Road (R24) tot die Rudan Garage en Protea Hotel, die ou Pretoria pad, tot by Rietfontein.

Hier is ook addisionele kontal nommers vir CPF Sektor 5:

  • Polisie Sektor Bevelvoerder: Kaptein Margaret Petlele: 060-987 5489
  • Carlo Pasino, voorsitter, 082-573 3712
  • Reinette Ronnebeck, ondervoorsitter, 082-336 0783
  • Yolandi Otto, sekretaresse, 078-209 5150
  • Cari Pasino, onder-sekretaresse,     082-311 3067
  • Theo Hajialexandrou, tesourier, 082-955 3383
  • Geoffrey Segami, addisionele lid, 078-209 5150
     

Share this article with a friend...