Articles
Sport & School News
24 February 2017

Reds vs Sharks

Reds vs Haaie

Die Haaie se Superreeks skop af in Brisbane teen die Reds. Coach Robert du Preez wil die Haaie hardloopruggas laat jol vanjaar. Die Durbaniete is ‘n mengsel van jeug en erva-ring met baie opwindende agterspelers. Pat Lambie, die Haaie se cappie, gaan beslis die X faktor wees.

Cheetahs vs Lions

Cheetahs vs Leeus

Die Cheetahs speel tuis in Bloem teen die Leeus. Die Blikore, onder leiding van Coach Franco Smith en Cappie Francois Venter, behoort vanjaar beter te vaar in die 2017 Superreeks. Die Vrystaters was onoorwonne in die 2016 Curriebeker reeks, maar Superruggas is ‘n perd van ‘n ander kleur. Die enigste kommer is die diepte in sleutelposisies vir die Bloemfonteiners.

Die Leeus onder die ysterhand van Johan Ackerman en cappie Warren Whiteley is vol vertroue dat hulle gaan voortbou op verlede jaar waar hulle in die finaal deur die Hurricanes geklop is.

Stormers vs Bulls

Stormers vs Bulle

Op Nuweland, Kaapstad draf beide spanne met nuwe cappies uit. Siya Kolisi is aangewys as die Stormers se cappie en coach Robbie Fleck is van mening dat Kolisi suksesvol sal wees as leier. Handrè Pollard draf die seisoen voor uit vir die Bulle. Pollard was onlangs nog die Junior Bokkies se kaptein en word be-stempel as ‘n moontlike Bokkaptein. Pollard gaan die angel in die Blou arsenaal wees.

Beide spanne het baie jong spelers, maar die Bulle lyk alreeds vroeg in die seisoen na ‘n gedugte, goed gebalanseerde span. Coach Nollis Marais het laat blyk dat die Pretorianers saam met die groot honde wil bulk vanjaar.

Kings vs Jaguars

Kings vs Jaguars

Waar is die houtlepel? Die Kings se pyn en leiding gaan vanjaar weer voortduur weens die gebrek aan spelers wat op hierdie topvlak kan meeding. Dis kommerwekkend dat hulle in ons plaaslike provinsiale reeks nie eers in ‘n kwartfinaal kon speel nie. Maar vir die spelers wat wel daar is en lywe op die spel plaas moet ‘n mens jou hoed afhaal.

Die Jaguars het in die 2016 glad nie aan die verwagtinge voldoen nie, hulle het bykans  15 spelers van die Puma Span in hulle geledere gehad, dit het eerder gelyk of die Argentyne ‘n lang vakansie geniet het.

So, laat die skote klap. Nag ou grote…

Share this article with a friend...