Articles
Churches & NGO News
16 December 2016

Rustenburg – Die Suid Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) Rustenburg-tak het op Vrydag, 9 Desember 2016, ‘n heerlike kerspartytjie gehou vir al hul pleegkinders by die SAVF kantore te Kerkstraat 212A.

Danksy die ondersteuning van lede van die gemeenskap soos Peter Robinson wat die roomys en die springkasteel geskenk het, die Care Bear kliniek en Kruislig asook Vantage Point wat hul tyd afgestaan het om die gaste te bedien, toesig te hou en as Kersvader te help geskenke uitdeel – was die dag ‘n enorme sukses.

Die SAVF span, vrywilligers van Kruislig en Vantage Point gemeenskap en die Vision of Hope asook Care Bear kliniek spanlede, het almal saam gespan om díe kerspartytjie ‘n enorme sukses te maak vir die minderbevoorregte kinders.

Die springkasteel was gevul met die lag van kinders en toe Kersvader opdaag, het die makietie eers begin! Hy het vir ieder en elke kindjie sy of haar eie geskenk gebring om saam hierdie spesiale tyd van die jaar te vier.

Kersvader het vir ieder en elke kindjie by die SAVF kerspartytjie kon ‘n geskenkie gee danksy die harde werk van sy span en die wonderlike donasies vanuit die Rustenburg Gemeenskap.

 

Share this article with a friend...