Articles
Social & Community News
24 February 2017

Rustenburg – Die jaar 2017 is die jaar waarin Eugene Huyser en Angelique Roberts hul kennis sal toets in die Presidentsverkennerproses van die Voortrekkers.

Dit is die hoogste erkenning wat ‘n jeuglid kan verwerf en het ‘n groot prestige-waarde aan die verwerwing hiervan. Dus is die twee Verkenners druk besig om jare se inligting te orden en voor te berei vir die PV eksamen in April.

Op die foto is Eugene en Angelique besig met Kaartwerk. Dit bly steeds ‘n belangrike vaardigheid al het ons nou se dae GPS toestelle en Google Earth.  Kaartwerk bly koning!

Ouers kom kyk op ons Facebook bladsy, Magalieskruin Voortrekkers, wat ons doen en raak betrokke of bring jou kind. Voortrekkers is Maandae middae en ons hou van Kultuur, Avontuur en Natuur.  In 2017 is ons leuse VOORTREKKERS K.A.N.! Vir meer informasie, skakel Carien van Niekerk van die Magalieskruin Voortrekkers by 073-192 8850.

Share this article with a friend...