Articles
Social & Community News
24 February 2017
Rustenburg – Die Platina Huisvlyt en Blommeskou is sommer om die draai, en vind plaas in Meimaand vanjaar. Só het lede van die Kashané Vroue Landbou Unie (VLU)-tak besluit om solank kompetisie artikels voor te berei. 
Elke lid en gas het ‘n mosaïek artikel gemaak by die onlangse VLU vergadering. Op die foto van links; Chantall Browne, Maroelien Smit, Estelle Nel en Salomie Bosch besig met hulle Mosaïek.
Rustenburg – Die Kashané Vroue Landbou Unie (VLU) aandtak is die enigste aandtak in die Platinastreek. Hierdie maand het lede die tak se 15de verjaardag gevier. Dit was ‘n vrolike affere waar die dinamiese groep vrouens hul harde werk gevier het. 
Op die foto van links; Marinda Van Heerden, Marie Williams, Charmaine Olivier (was ‘n gas, streek skakelbeampte by die stigtersvergadering 15 jaar gelede), Theresa Graham (stigterslid van tak en ook enigste oorblywende stigterslid van tak), en Anne Heyneke.

Share this article with a friend...