Articles
Social & Community News
16 December 2016

Rustenburg – Theunis Peens van Rustenburg 95 gemeenskapsverbetering en die span van CPF sektor 1 is besig om ‘n daadwerklike verskil in Rustenburg te maak.

Theunis het weggespring en spandeer sy naweke om gevaarlike kruisings se lyne en stoptekens te her-verf. Die manne van CPF sektor 1 kom sit ook skouer aan die wiel in die projek.  

Theunis Peens van Rustenburg 95 gemeenskapsverbetering en Tanya Coetzer is deel van die span wat Sondag die warm Desemberson aangepak het om die h/v Van Belkum en Thabo Mbeki Rylaan ‘n laag verf te gee. Terwyl hulle geverf het, het die CPF manne aan die werk gespring en die sand van verlede week se fratsstorm verwyder.

Met die hulp van die departement van Openbare Veiligheid, die geborgde verf van S&B Building Supplies, en die geleende stensils can MCivils, is Theunis en sy manne vinnig aan die werk om die strate te beveilig.

Van die gevaarlike hoeke wat reeds geverf is sluit in die stopstraat tussen Rustenburg Hoërskool en Job Shimankana Tabane Staatshospitaaal se hoofingang, sowel as die hoeke van Van Belkum en Klopper, Klopper en Oos, Heever en Thabo Mbeki Rylaan en die hoek van Belkum en Thabo Mbeki Rylaan.

Theunis Peens en die manne van CPF sektor 1 wat hul eie naweke opoffer om die strate vir ons almal skoner en veiliger te maak en die lyne oor te verf.

“Ons doen dit met graagte,” aldus Theunis. “Ons is trots om Rustenburgers te wees en trots op ons gemeenskap. Mense verwag van ander of die munisipaliteit om skoon te maak, maar ons het gevoel dat dit belangrik genoeg vir ons is om dit self te doen.”

Oor die kersseisoen sal die paaie besiger en meer gevaarlik word, dit is juis gedurende hierdie tydperk dat Theunis en die span van plan is om meer stoptekens te herstel.

Indien jy ‘n verskil wil maak in jou gemeenskap oor die vakansie, kontak gerus vir Theunis deur sy facebook blad, Rustenburg 95 of die manne van CPF om te hoor waar jy kan help.

Share this article with a friend...