Articles
Sport & School News
03 March 2017

Rustenburg – Sit solank die biltong bestelling in, want die naweek kom meet twee sterk rugby klubs kragte op die Newrak Impala Rugby klub Rustenburg velde.

Saterdagmiddag, 4 Maart 2017, om 13h00 draf die o/21’s uit, daarna die 2de Span (Vikings) om 14h30, gevolg deur die Eerstes wat om 16h00 uitdraf.

“Al drie ons spanne is nog onoorwonne en die spanne wat wen Saterdag van Newrak Impala, sal deurdring na die Assupol semi-finaal,” sê Naas Olivier, Newrak Impala Rugby klub besigheidsbestuurder.

Die hele gemeenskap word hartlik uitgenooi om die spel te kom geniet en ons local ouens te ondersteun.

Enige iemand wat by die klub wil aansluit, is meer as welkom om die welbekende hoofafrigter, Nico Le Roux, te kontak by 073-177 8299.

Die Newrak Impala Rugby klub se jaarvergadering vind plaas op 27 Maart 2017 om 18h30. Alle geregistreerde lede word uitgenooi om die vergadering by te woon. Skakel Naas Olivier by 082-926 8403 vir meer inligting. 

Share this article with a friend...