Articles
Sport & School News
03 March 2017

Rebels vs Blues
In Melbourne verniel die Blues die tuisspan met ‘n weghol oorwinning van 56-18. Die Blues het weer spel opgelewer soos van ouds. Die Blues speel volgende teen die Chiefs in Hamilton terwyl die Rebels In Wellington teen die Hurricanes gaan uitdraf.

Highlanders vs Chiefs
Die Chiefs klop die Highlanders in Dunedin 24-15 en verdien die wen. Die Highlanders met verskeie All Blacks in hul geledere, kon net nie aan die gang kom nie ou grote. Die Highlanders speel volgende teen Crusaders in Dunedin en die Chiefs teen die Blues in Hamilton.

Reds vs Haaie
Die Haaie se toer doer onder begin rampspoedig in Brisbane want hulle verloor 28-26. Coach Robert du Preez was duidelik nie ingenome met die Haaie se spel nie. Hopelik sal die Haaie beter spel lewer teen die Brumbies in Canberra. Die Reds speel volgende teen die Force in Perth.

Sunwolves vs Hurricanes
Waar is die houtlepel? In Tokio val die Japanese se wieletjies weereens af en word ‘n rugga les geleer deur die 2016 kampioene. Die Canes het geen genade betoon nie en druk dertien drieë en wen 83-17. Die Wolfies speel volgende teen die Kings in Singapoer. Die Canes draf in Wellington teen die Rebels uit.

Crusaders vs Brumbies
In Christchurch klop die Saders die Brumbies 17-13. Regtig nie ‘n goeie game nie maar die Crusaders het al be-kend geraak dat hulle stadig uit die blokke is ou grote. Die Brumbies speel volgende teen die Haaie in Canberra en die Saders draf in Dunedin teen die Highlanders uit.

Waratahs vs Force
Die Waratahs klop die Force in Sydney 19-13, maar dit was ‘n goor game ou grote. Die Tahs draf volgende teen die Leeus in JHB uit terwyl die Force teen die Reds in Perth gaan kragte meet.

Cheetahs vs Leeus
Die Leeus moes baie hard werk vir hulle oorwinning in Bloem teen die Blikore en wen naelskraap 28-25. Die ligpunt in hierdie game was die spel van Rohan Janse van Rensburg. Die jong senter het ‘n skitterende game gespeel ou grote…alla Danie Gerber! Die Cheetahs speel volgende teen die Bulle in Bloem met die Leeus wat in Jhb teen die Waratahs gaan uitdraf.

Kings vs Jaguars
Die Argentyne klop die Kings 39-26 in Port Elizabeth. Hopelik sal die Jaguars beter ruggas opdis in vanjaar se superreeks. Die Jaguars speel volgende teen die Stormers in Kaapstad en die Kings speel gasheer vir die narre uit Japan.

Stormers vs Bulle
Eina my ente, daar vreet Bul se kind van die vloer af. Die Stormers se pak voorspelers het ‘n duidelike waarskuwing uitgestuur met hulle kliniese skrumwerk ou grote, hulle het die Bulle stukkend ge-skrum. Die Stormers wen 37-24 met die jong Jean-Luc du Plessis op losskakel wat ‘n uitstekende game vir die wenspan gehad het. Daarenteen het Handrè Pollard nog nie skerp gelyk nie en is op die dag deur du Plessis oorskadu. Die Stor-mers speel volgende tuis teen die Jaguars met die Bulle wat Bloem toe moet reis om teen die Cheetahs uit te draf.

Nag ou grote...

Share this article with a friend...