Articles
Social & Community News
30 November 2018

Rustenburg – Die Suid-Afrikaanse Vroue Landbou Unie (SAVLU) het hul jaarlikse kongres in Namibië gehou. Ongeveer 150 vroue van Suidelike Afrika het die kongres van 23 tot 24 Oktober in Windhoek bygewoon.  


Die kongres is deur 81 vroue van Suid-Afrika en 65 van Namibië bygewoon waarvan 11 lede uit die Noordwes Provinsie kom. 


Tydens die kongres is daar versoek om navorsing te doen oor die wenslikheid van ‘n mastektomie of dubbel mastektomie, nadat borskanker by vroue gediagnoseer is teenoor die alternatief van ‘n lumpektomie.


Daar is ook beraadslaag oor die gevare van vloeibare jel-brandstof. SAVLU gaan die regering versoek om vloeibare jel-brandstof te verban.


Daar gaan ook ‘n versoek aan die verbruikersraadunie van SA gerig word om te sorg dat inligting op produkte duideliker leesbaar is sodat mense bestanddele waarvoor hulle allergies is, makliker kan identifiseer. 


Voorts gaan die relevante owerhede versoek word om dringend aandag te skenk aan die aanduiding van vragmotors wat se lengte 22 meter oorskry sodat motors gewaarsku kan wees voordat hulle ‘n vragmotor verby steek.


Vroue is ook bekendgestel aan herwinbare sanitêre doekies sodat hulle betrokke kan raak by die maak en verspreiding daarvan by plattelandse skole en ander instansies soos inrigtings vir gestremdes.


Die volgende SAVLU kongres sal aangebied word deur Overvaal VLU in 2021. SAVLU se 90ste bestaansjaar sal dan gevier word.

Van links agter:  Elsie Buys, Judie Steynberg, Marie Williams, Charmaine Olivier, Elaine Smit, Amarie Haumann, Neeltje Louw en Dora Verryne. Links van voor: Sienie van Vuuren, Pam van Rensburg en Kinnie Yssel.

 

Share this article with a friend...