Articles
Social & Community News
03 March 2017

Die TLU SA se Jongboerkomitee hou vanjaar op Woensdag, 15 Maart 2017 om 09:00-15:00 sy konferensie by Journey’s in Midrand, Gauteng.

Vanjaar se tema is ‘Volhoubaarheid vir die volgende generasie’ en bywoning is gratis vir TLU SA-lede.

Vir nie-lede beloop dit R200.

Dit is belangrik dat die jongboere ingelig en bemagtig moet word om die uitda-gings van landbou te verstaan en te trotseer, vandaar die spesiale konferensie wat vir hulle aangebied word.

Vanjaar se sprekers is mnr. Bennie van Zyl (120 jaar tot hier), dr. Hennie Davel (Landbou en die ekonomie van SA), dr. Hannes Dreyer (Die veebedryf in Suid-Afrika), mnre. Louis Meintjes (Jongboer, JY is die toekoms), George Barnard (Graan-verbouing in uiterste omstandighede) en Edward Leversage (2016 Jongboer van die jaar-wenner).

Vir verdere navrae kontak asb. vir Runel Matthews by 012-804 8031.

Uitgereik deur Mnr Bennie van Zyl, Hoofbestuurder TLU SA

Share this article with a friend...