Articles
Social & Community News
21 December 2018

Rustenburg – Residentia Sering het die feesseisoen afgeskop met hul jaarlikse Kersete. Die saal was jolig versier, kos uit die boonste rakke is bedien en die heerlike nagereg was net die kersie op die koek.


Die inwoners van die Alzheimer vleuel het die ete geopen met pragtige Kersliedere en Aubrie van der Westhuizen het die inwoners vermaak met lieflike melodieë op ‘n viool.


Tydens die feesvieringe het bestuurder van Residentia Sering Retha Jacobs in haar toespraak gesê; “Ons doel vir volgende jaar sal wees om eerder te bou as te breek, met ‘n positiewe houding en positiewe woorde sal díe tehuis selfs hoër hoogtes bereik.” 


Joe Duvenhage, Residentia Sering se uitvoerende beampte het ook die verrigtinge bygewoon en die personeel en vrywilligers bedank vir hul harde werk deur die jaar en hul vrede en vreugde toegewens tydens die Kersseisoen.


Stephanie Rossouw, inwoner van Sering, het die bestuur bedank vir hul onbaatsugtige diens wat hul lewer om die tehuis werklik ‘n tuiste te maak en die inwoners altyd soos familie te laat voel.

Die saal was pragtig opgetooi.
Die Alzheimer vleuel se inwoners sing Kersliedere. 
Lede van die plaaslike raad en inwoners komitee.

 

Share this article with a friend...