Articles
Crime & Accidents News
03 March 2017

Rustenburg – Drie pragdiere, een leeumannetjie en twee wyfies van Konka Rustenburg is dood nadat hulle deur donderweer getref is. 

Díe fratsongeluk was vir die bestuur en span by Konka Rustenburg ‘n geweldige skok. 

“Dit was deur die dag en toe ons die leeus wou gaan kos gee so tussen 12 en 1 het hulle nie gereageer toe ons roep nie. Dis toe dat ons hulle gekry het. Daar was brandmerke op hulle lywe en dit kom voor asof hulle raakgeslaan is deur die weerlig. Ons harte is baie seer oor ons leeus wat oorlede is. Ons is baie lief vir al die diere wat ons huisves. Ons is een groot familie,” aldus die algemene bestuurder van Konka, in ‘n onderhoud met die Platinum Weekly koerant

Op díe dag het die weer ongewoon swaar geslaan en die kragtige ontlading het die drie leeus raakgeslaan. Die drie leeus is Onderstepoort toe geneem vir ‘n nadoodse ondersoek, die verslag van die veearts bevestig dat die leeus deur weerlig dood is. Die ondersoek duur voort.

“Intussen het ons familie weer drie leeus, een mannetjie en twee wyfies, ryker geword. Ons nooi julle uit om die natuurskoon van Konka te kom inneem.” Konka bied avontuurlike spanbou, sport, spesiale geleenthede, troues, konferensies, skoolkampe en vele meer aan.

Vir meer informasie, besoek gerus www.konka.co.za

Share this article with a friend...