Massa-rit teen dwelmmisbruik en mensehandel
Rustenburg – The Tainted Souls, Christelike Motorfiets klub het vanjaar se massa-rit opgedra vir die stryd teen dwelmmisbruik en mensehandel. Die groep het Saterdag oggend, 4 Maart 2017, by die Moth saal, h/v Beyers Naude en Nelson Mandela weg, saamgetrek vir hul jaarlikse massa-rit.
Feite aangaande die geweldige toename en effek van dwelmmisbruik in Suid Afrika en die lewensvernietigende handel in mense is aan die lede deur Jaco van Heerden, visepresident van die klub, aan die lede voorgehou. Só het hy ook vermeld omtrent die drie uitlanders wat verlede jaar in Rustenburg gearresteer is, met 37 “slawe” wat deur hul aangehou is.
Die klub president, Abel Beytenbach, het verseker dat alle veiligheidsreëlings behoorlik verduidelik is om die lede en publiek te beskerm. Pastoor Jaco Linde van die Uncaged Church Rustenburg het die Heer se seën en beskerming op die rit toegebid.
Die 81 motorfietse het die roete via Thabo Mbeki, Kremetart, in die omgewing om die krematorium en toe per Dr. Moroka straat die oprit na die N4 gevolg. Die stoet het weer by die R24 die snelweg verlaat en die roete het by Oppi Plaas Kroeg geëindig.Rustenburg se verkeersafdeling was tydens die rit teenwoordig om bystand te verleen en dit het sonder voorval of insident afgeloop.
Enige iemand wat navraag oor “The Tainted Souls Biker Club” het, kan Abel Beytenbach op 082-777 3211 of Jaco van Heerden op 082-411 5802 kontak.
© 2017 - All Rights with Platinum Weekly