Articles
Social & Community News
16 December 2016

Rustenburg – Globe Model Look (GML) onder leiding van Lizelle Jacobs, is al ‘n huishoudelike naam in Rustenburg en lewer top modelle op. Lizelle is al die afgelope sowat 30 jaar betrokke in die skoonheidswêreld en werk saam met verskeie bekende modelagentskappe in Suid-Afrika. Sy is stigter van GML en ‘n gerespekteerde in díe industrie.

Agter van links; Marichen Bornman, Nicole Grobbler en Teneke Botma. Voor van links; Oatile Moate, Cameron Anderson en Ulrich Bornman. Die top presteerders van Globe Model Look vanjaar.
Vanjaar het die top modelle die volgende verwerf gedurende hul jaareindeksamens in hul eie ouderdomsgroepe;
Marichen Bornman: Ramp-, Top-, en Beat-Model van die jaar asook Pre-Teen en Model of the Year. Nicole Grobbler: GML-, Beat-, Talent- en Ultimate Supreme-sash. Ook stap sy weg as Ultimate Model of the Year. Teneke Botma: Top Model- en Freeze-sash. Sy verower ook die Debutante-, Supreme- Overall Senior- en Model of the Year model kategorieë. Oatile Moate: GML-, Freeze-, en Spokes-sash. Sy wen ook die Mini Supreme en Best Model trofee. Cameron Anderson: Top Model-, Ramp Model-, Photogenic- en Mini Supreme-sash. Sy verower ook Supreme, Model of the Year en Mini Queen toekennings. Doring tussen al die rose, Ulrich Bornman: Ramp Model sash, en die Ultimate Supreme, Junior Model asook die Overall Junior Model of the Year pryse.

Op Donderdag, 8 Desember 2016, het GML hul jaareindfunksie aangebied. Híer is al GML se modelle erken vir hul harde werk gedurende die jaar en ook is hul eksamenpunte gevier. “Model eksamens is belangrik en wat jy daar leer, sal jy vir die res van jou lewe saam met jou neem. Dit bou selfvertroue, deursettingsvermoë, leer jou hoe om teleur-stellings te oorkom en hoe om persoonlik te groei en jou uniekheid te kan waardeer,” aldus Elrize Maree, Mevrou Rustenburg 2016.

Bekende plaaslike sanger Odette Barret, sing hier Sewe Oseane.

Die jaareindfunksie is aangebied by die RPM rekreasie klub en Gert Mostert van Model SA International het as seremonie meester opgetree.  

Hier staan Roxy Human, een van Globe Model Look se nuwe afrigters (links), en saam met haar verskyn Elrize Maree, huidige Mevrou Rustenburg. 

“Ek is super trots op almal se harde werk deur die jaar en ook dankbaar vir al die opofferinge van die ouers om hul kinders se drome na te jaag. Dankie aan al ons borge – sonder julle sou hierdie beslis nie moontlik gewees het nie,” aldus Lizelle van GML.

“Ek bedank graag al ons top ondersteuners wat ons so onbaatsugtig bygestaan het vanjaar, julle is tops!” aldus Lizelle van GML.

Share this article with a friend...