Articles
Churches & NGO News
10 March 2017

Rustenburg – Die Rustenburg Rusoord se makietie op Saterdag, 4 Maart 2017, was ‘n reuse sukses. 

Van links; Mart Nel en Hannetjie Theunissen, inwoners van Rustenburg Rusoord.

Die Oupa en Ouma Mark is ‘n jaarlikse instelling wat baie goed deur die publiek ondersteun word. Dit word spesiaal met Rusoord inwoners ingedagte gereël – sodat almal  die mark kan bywoon.

Die Larries Koor (Laerskool Rustenburg), kikker die dag op met hul sang.

Hierdie jaar het Rusoord spesiaal vir al die (klein) kinders voorsiening gemaak vir baie pret.  
Rustenburg Rusoord het ook ‘n verskeidenheid uitstallers en heerlike kos en snoeperye te koop op die dag gehad. 

Bernadine Beukes, graad 10 in Hoërskool Rustenburg, was een van Vogue Model Skool se modelle wat ook teenwoordig by die dag was.

“Ons bedank die gemeenskap vir hul volgehoue ondersteuning,” aldus Sanmarie Ferreira van die Rustenburg Rusoord.

Share this article with a friend...