Articles
Social & Community News
10 March 2017

Rustenburg – Anselin Fienies van Globel Model Look (GML) Rustenburg, is die enigste model van Rustenburg wie verkies is na die Top 100 Mrs SA platform. 

Anselin Fienies

Die goeie nuus is haar meegedeel op Vrydag, 3 Maart 2017.

Díe 27-jarige wil die wêreld versit met haar uitgaande persoonlikheid. “Ek doen al modelwerk sedert driejarige ouderdom,” vertel sy in ‘n onderhoud met die Platinum Weekly koerant. Anselin hou van musiek en is lief vir mense, sy hou ook van sing en dans. “Ek is altyd gewapen met ‘n glimlag en lewe elke dag voluit!” Ook is Anselin ‘n groot krieket en rugby liefhebber. 

Anselin het alreeds verskeie groot model titels ingepalm. 

Rustenburg wens haar alle voorspoed toe.

Share this article with a friend...