Articles
Sport & School News
10 March 2017

Force vs Reds
In Perth verras die Force en klop die Reds 26-19 in ‘n tipiese Aussie derby. Die Force se volgende game is teen die Brumbies in Canberra met die Reds wat in Brisbane teen die Crusaders gaan uitdraf.

Chiefs vs Blues
Kookwater ruggas word opgedis in Hamilton met die Chiefs wat met 41-26 seëvier. Die Chiefs gaan beslis weer ‘n faktor wees in vanjaar se reeks. Die Blues speel volgende teen die Highlanders in Auckland met die Chiefs wat tuis teen die Hurricanes gaan uitdraf. Hierdie twee games gaan klip-hard wees met hierdie vier spanne wat tans die pas aangee in vanjaar se reeks ou grote.

Hurricanes vs Rebels
In Wellington het ‘n  orkaan die Aussies getref ou grote. Die Canes het die Rebels verwoes en wen verspot maklik 71-6. Die Canes speel volgende teen gedugte teenstand in die vorm van die Chiefs in Hamilton. Die Rebelle het gelukkig ‘n loslootjie en het baie tyd om hulle wonde te lek.

Highlanders vs Crusaders
In ‘n opwindende game kom die Crusaders van agter af en klop die Highlanders 30-27. Met 15 mi-nute speeltyd oor was die Highlanders 27-13 voor maar die Saders het ander planne gehad en haak die knoop deur met ‘n skitter eindpoging. Die Highlanders speel volgende teen die Blues in Auckland met die Saders wat in Brisbane teen die Reds gaan uitdraf.

Brumbies vs Haaie
Die Haaie behaal ‘n belangrike oorwinning in Canberra oor die Brumbies en wen 27-22. Die Durba-niete se buitesenter Lukhanyo Am druk die wendrie in die doodsnikke met ‘n puik steekskoppie deur Curwin Bosch om die telling op 25 elk te bring. Pat Lambie het koelkop soos gewoonlik gebly en verdoel die drie en die res is geskiedenis. Lambie het ‘n groot game gehad vir die Haaie. Die Brumbies speel volgende teen die Force in Canberra met die Haaie wat in Durban teen die Waratahs gaan uitdraf.

Sunwolves vs Kings
Die Kings behaal ‘n seldsame oorwinning in Singapoer en klop die Japanese Wolwe 37-23. Die tyd van wonderwerke is definitief nog nie verby nie ou grote. Die Sunwolves reis Suid Afrika toe en draf teen die Cheetahs in Bloem uit met die Kings wat tuis teen die Stormers gaan speel.

Leeus vs Waratahs
In Jo’burg brul die Leeu weer hard en klop die Waratahs 55-36 in ‘n baie goeie game ou grote. Ross Cronje het op skrummie die rigting gegee en het ‘n puik game gehad.  Die Leeus speel volgende teen die Jaguars in Buenos Aires met die Tahs wat in die Haai-tenk teen die Haaie gaan uitdraf.

Stormers vs Jaguars
In Kaapstad wen die Stormers weliswaar 32-25 maar het glad nie oortuig nie. Was dit nie vir die twee geel kaarte wat die Argentyne gekry het nie was die Kapenaars des moontlik met die kous oor die kop kleedkamer toe ou grote. Maar ‘n wen is ‘n wen. Die Stomers speel volgende teen die Kings in PE met Jaguars wat tuis in Buenos Aires teen die Leeus gaan uitdraf.


Cheetahs vs Bulle
Die Blikore behaal ‘n puik sege oor die Bulle in Bloem en wen welverdiend 34-28. Die Bulle se coach het meer worries as om oor ‘n lynstaan drie deur die Cheethas te mor - ou grote. Franco Smith het met ‘n paar meesterlike skuiwe gekom en skaakmat vir die Bloues. Die Bulle het ‘n loslootjie en sal moet kraal toe om te leer om nie van die vloer af te vreet nie, want twee gespeel en twee verloor, glad nie goed vir ‘n Bul se kondisie nie. Die Cheetahs draf tuis uit teen die Sunwolves.

Nag ou grote…
 

Share this article with a friend...