Articles
Sport & School News
10 March 2017

Rustenburg – Die afgelope naweek, Saterdag 4 Maart 2017, was ‘n besondere dag vir die Newrak Impala Rugby klub. Hul oorwinnings was oortuigend. 

Tiaan Prinsloo, in een van die talle dryfbewegings wat gelei het tot ‘n puik drie. 

Die Eerste span oorheers die veld met ‘n 101-3 oorwinning oor Boksburg se span met Justin Wheeler as man of the match. Die manne word ge-coach deur Nico Le Roux en Naas Olivier. Maverick van der Merwe en Jacques Ressouw het behoorlik vir die opposisie ore aangesit met 4 drieë elk. 
Die Tweedes, die Vikings, het nét so goed gevaar met ‘n oorwinning van 91-5 teenoor die Boksburg manne. Coach Nelis Nel en Willie Kok is baie trots op die span – veral Dewaldt Havenga wat as man of the match aangewys is. 

Ondanks druk, slaag Isak Deetlefs daarin om die bal te laat loop met uitstekende balbeheer. 

Die o/21 span se appel val ook nie ver van die boom af nie, en vermorsel Boksburg met ‘n telling van  69-0. 

Die teenstand het verkrummel met Maverick van der Merwe op sy gemak vir nog ‘n drie. 

Díe naweek, Saterdag, 11 Maart 2017, neem die Newrak Impala Rugby manne deel aan die Assupol semi-finale, na hul oorwinning. Hulle draf teen die Naka Bulle uit op ons tuisveld, en die wedstryde vind plaas om 13h00, 14h45 en 16h30. 

Losskakel Berto van Wyk het ‘n puik vertoning gelewer – sy skop stewels het geblink en hy het met byna 100% slaagsyfer pale toe geskop. 

Enige iemand wat by die klub wil aansluit, is meer as welkom om die welbekende hoofafrigter, Nico Le Roux, te kontak by 073-177 8299. Die Newrak Impala Rugby klub se jaarvergadering vind plaas op 27 Maart 2017 om 18h30. 

Xolani Nkosi is Rustenburg se eie Bryan Habana! 

 

Alle geregistreerde lede word uitgenooi om die vergadering by te woon. Skakel Naas Olivier, bestuurder van die klub, by 082-926 8403 vir meer inligting. 

Bruce Muller in volle vaart en reg om die bal te versprei.
Justin Wheeler het van vooraf gelei.
Joe Engelbrecht is behoorlik iemand om mee rekening te hou! 

 

Share this article with a friend...