Articles
Social & Community News
05 April 2019

Rustenburg – Lede van die Rustenburg Crime Combating Forum (RCCF) het op Saterdag 30 Maart by die Pinkster Protestante Kerk (PPK) Rustenburg bymekaargekom.

Tydens die saamtrek is daar gestem vir ‘n nuwe komitee. Baie geluk aan die volgende lede wat aangewys is:

 

  • Kobus Ferreira – Voorsitter
  • Barrie Erasmus – Ondervoorsitter
  • Tilla Liversage – Sekretaresse
  • Hannelie Ferreira – Finansies
  • Ansie Pretorius – Kommunikasie offisier


André du Toit, Danie Eastes, David Fourie, Dries Venter, Rassie Bylieveld en Frans Schultz is aangewys as addisionele komitee lede.


Huisgesinne wat deur die jaar baie betrokke was het unieke geskenke ontvang wat gemaak is deur Dawid Fourie van D and I Woodcraft. Lede wat die jaar ook gereeld op bystand was, het ook geskenke ontvang.


Na die verkiesing het lede die strate ingevaar om te patrolleer. Die strate van Rustenburg was besig, maar die patrollie het nie vir een oomblik geskroom om te gaan help nie.

In ‘n onderhoud met Platinum Weekly het Kobus gesê: “Ons wil graag ‘n verskil maak in die gemeenskap. Met die hoë misdaad syfer in Rustenburg, moet elkeen sy deel doen. Ons lede van RCCF sal altyd help waar hulle kan.”


Die onbaatsugtige lede van die RCCF kry geen vergoeding vir wat hul doen nie en patrolleer op hul eie tyd en eie onkostes.


Baie dankie aan die volgende lede en besighede wat bygedra het tot ‘n suksesvolle deurnagpatrollie en die algemene sukses van RCCF:

 

  • Die komitee
  • Alle reliable lede
  • Piet Rademan vir die RCCF kantoor
  • Andre du Toit en Danie Eastes 
  • PPK 
  • Dawid Fourie van D and I Woodcraft
  • Byleveld Handelaars
  • Game Rustenburg
  • Faan en Leoni Swanepoel
  • Frans Schultz
  • Tilla Liversage
  • Coastal Hire
  • André (Anoniem)
  • Three Star Cash and Carry
  • Jerry Fowlds
  • Arno Klopper
  • Charné Baxter
  • Fruit and Veg
  • Mega Cafee
  • Rustenburg Cash & Carry
  • Dairy Maid
  • Kingsley Bottle Store
  • Domino’s Pizza
  • Francois du Toit – Water 2 Go
  • Nina en Gert Lourens – Clear Water Drop
  • Leana Du Toit
  • Hennie Theron
  • Corry du Plooy
  • Nico van Wyk
  • Sona en Clinton Cilliers
  • Wentzel en Japie Coetzee
Lede teken aan vir die 01:00 patrollie groep.

 

Die nuwe komitee lede wat aangewys is

 

Van links: Faan Swanepoel ontvang ‘n geskenk van Kobus Ferreira vir sy bystand.

 

Van links: Voorsitter Kobus Ferreira, sekretaresse Tilla Liversage en ondervoorsitter Barrie Erasmus.

 

Share this article with a friend...