Articles
Sport & School News
19 April 2019

Rustenburg – Swemmers van Hoërskool Rustenburg (RHS) is voorwaar soos visse in die water! Hierdie leerlinge het aan die Suid-Afrikaanse vlag een en twee kompetisie deelgeneem op 16 en 17 Maart asook van 3 tot 5 April in Lebone, Rustenburg.


Alhoewel elkeen van hierdie leerders oor ‘n besondere swemtalent beskik, is dit ook as gevolg van harde werk, opoffering en toegewydheid dat RHS kan koning kraai. Baie geluk aan die volgende leerlinge met hul prestasies:

 

  • Lisamey Nel – vier goue medaljes, twee silwer medaljes en een brons medalje.
  • Morné du Plessis – vier goue medaljes, een silwer medalje en drie brons medaljes.
  • Hendre van den Bergh – een silwer medalje en een brons medalje.
  • Caitlin Viljoen – deelname.
  • Sybrandt Byleveldt – deelname.


Jana en Pieter Coetzé het van 8 tot 12 April aan die senior nasionale swem kampioenskappe te Durban deelgeneem en die volgende prestasies behaal:

 

  • Jana het gekwalifiseer om aan die finaal deel te neem. 
  • Pieter het ‘n goue medalje in die o/18-kategorie, ‘n brons in die 50m rugslag en ook ‘n vierde plek in die 100 m rugslag behaal. Pieter het ook gekwalifiseer om na die Junior Wêreld kampioenskappe in Boedapest deel te neem.

 

Van links: Morné du Plessis, Caitlin Viljoen, Sybrandt Byleveldt, Hendre van den Bergh en Lisamey Nel.
Van links: Pieter Coetzé en Jana Coetzé.

 

Share this article with a friend...