Articles
Social & Community News
03 May 2019

Rustenburg – Care 2b Kind hou ‘n familiedag op Saterdag 4 Mei 2019 by The Pink Rocks buite Rustenburg.


Daar sal stalletjies met lekker kos, handgemaakte items asook springkastele vir die kinders wees. Verskeie kunstenaars sal die skare vermaak. Die program begin om 10:00. 


Die potjiekoskompetisie, waar spanne kan inskryf teen R250 per span, sal die oggend plaasvind – en later die aand gaan daar lekker geskoffel word op die dansvloer. Die dans begin om 18:30. Daar is net ‘n sekere aantal kaartjies beskikbaar en besprekings is noodsaaklik. 


Kaartjies vir die dans beloop R120 per paartjie, R30 per kind onder 13 en kinders onder vyf is gratis. Staanplek vir stalletjies is beskikbaar vir R200 per stalletjie.


Daar sal ‘n kontantkroeg wees en braaipakkies kan gekoop word. Pap met tamatie en uiesous sal voorsien word.  
Daar is ook baie pryse te wen!


Vir meer inligting, skakel Riana Kroëse op 082 061 8458.

Share this article with a friend...