Articles
Sport & School News
17 March 2017

Rustenburg – Die Rustenburg Impala Rugby Klub se Tweede Span, die Vikings, sal komende Saterdag, 18 Maart 2017, die Rustenburgse vlag omhoog swaai in die finale van die Assupol finale te Loftus Versfeld.

Die Vikings, onder leiding van afrigters Nelis Nel en Wille Kok, het beïndruk in die semi-finale en die Naka Bulle met 20-19 oorwin verlede Saterdag, 11 Maart 2017 op die Rustenburg velde. Jaco Fourie het ‘n besondere spel opgelewer en is man of the match aangewys op losskakel posisie.

Eerstespan Hendro Huyser haal die lyn en druk n drie, en Justin Wheeler dryf hom oor in die semi-finale Assupol reeks teen die Naka Bulle op Saterdag, 11 Maart 2017, te Rustenburg.
Eerstespan Hendro Huyser haal die lyn en druk ‘n drie, en Justin Wheeler dryf hom oor in die semi-finale Assupol reeks teen die Naka Bulle op Saterdag, 11 Maart 2017, te Rustenburg.

Die Newrak Impala Eerste rugbyspan het teen die Naka Bulle verloor met ‘n naelskraap telling van 30-32.

Enige iemand wat by die klub wil aansluit, is meer as welkom om die welbe-kende hoofafrigter, Nico Le Roux, te kontak by 073-177 8299.

Die Newrak Impala Rugby klub se jaarvergadering vind plaas op 27 Maart 2017 om 18h30.

Eerstespan Trevor Visser, skrumskakel, het n besondere goeie spel opgelewer.
Eerstespan Trevor Visser, skrumskakel, het ‘n besondere goeie spel opgelewer.

Alle geregistreerde lede word uitgenooi om die vergadering by te woon. Skakel Naas Olivier, bestuurder van die klub, by 082-926 8403 vir meer inligting.

Share this article with a friend...