Articles
Sport & School News
10 May 2019

Crusaders vs Haaie
In Christchurch wys die Durbaniete hulle kan ook saam met die groot honne blaf en speel gelykop met 21 elk teen die Saders.

Curwin Bosch het op losskakel ‘n skitterende vertoning gelewer, nie net met sy skopskoen nie, maar ook sy oordeel en algemene spel. Bosch slaag met sewe strafskoppe vir die Haaie. Die Crusaders het in die doodsnikke van die game oorgegaan vir ‘n drie om die riller gelykop te laat eindig.


Die Saders reis volgende SA toe om teen die Bulle op Loftus uit te draf met die Haaie wat in Hamilton wat vir die Chiefs gaan tanne wys. 


Reds vs Sunwolves
Die Reds verwerk die druk goed en klop die Japanese Wolwe in Brisbane met 32-26 punte. Die Wolwe, soos ‘n paar ander spanne, se seisoen is ook partykeer onder die pale of heeltemal mis. 
Die Wolwe speel volgende teen die Brumbies in Canberra met die Reds wat in ‘n Aussie derby teen die Rebels in Melbourne te loop uitdraf.


Hurricanes vs Rebels
In Wellington moes die Canes hard werk om die Rebels te troef en wen 29-19. Die Canes is nou tweede op die NZ konferensie. Die Rebels speel volgende teen die Reds in Melbourne met die Hurricanes wat in Auckland teen die Blues te staan sal kom.


Highlanders vs Chiefs
In nog ‘n gelykopstryd eindig die puik game 31 elk in Dunedin. Die telling is ‘n getroue weergawe van die dag se spel. Die Highlanders speel volgende teen die omgekrapte Jaguares in Dunedin met die Chiefs wat slaags gaan raak met die Haaie in Hamilton.


Brumbies vs Blues
Die Brumbies gebruik hul geleenthede beter en slaag daarin om die Blues met 26-21 met die kous oor die kop huis toe te stuur. Die Brumbies speel volgende teen die Sunwolwes in Canberra met die Blues wat teen die Hurricanes in Auckland gaan opdraf.


Bulle vs Waratahs
Op Fort Loftus moes die Bulle diep delf vir ‘n 28-21 oorwinning oor die Tahs. Die game sal onthou word met die puik drie wat Duane Vermeulen aangeteken het. Die ou grote het sowat sestig meter soos ‘n wafferse spoedvraat genael om die wendrie aan te teken.


Die Bulle sal egter in top gear moet wees in die volgende game, want die Crusaders besoek Pretoria. Die Tahs speel dan in Johannesburg teen die Leeus wat weer vir coach Swys terug op die trein het.


Jaguares vs Stormers
Die Jaguares verras in Buenos Aires en klop die Stormers 30-25 in ‘n game wat niemand sal wil onthou nie, veral nie seuns van die Kaap nie! Die Stormers verdien ‘n loslootjie in week 13 met die Argentyne wat Dunedin toe moet reis om die Highlanders te laat les opsê.


Nag ou grote...

 

Share this article with a friend...