Articles
Sport & School News
17 May 2019

Rustenburg – Magalieskruin Voortrekkers het vir 2019 ‘n projek geloods baadjies vir maatjies waarmee baadjies ingesamel en versprei word na kinders wat dit hierdie winter sal benodig.

Die eerste baadjies is op Vrydag 10 Mei uitgedeel by Laerskool David Brink se voedingskema. 
Die Magalieskruin Voortrekkers kom op Maandae middae om 16:00 by Laerskool Proteapark se Parkieland bymekaar. Vir enige navrae oor die Voortrekkers, skakel Carien van Niekerk op 073 192 8850.

Van links: Hanré Pretorius, juffrou Renet van der Westhuizen en Nerine Pretorius.
Hanré Pretorius en Nerine Pretorius het die kentekens wat hul deur die jare verwerf het wat op hul baadjies verskyn aan die leerders gewys.

 

Share this article with a friend...