Articles
Social & Community News
17 March 2017

Northam – Dit is met leedwese dat die Northam gemeenskap afskeid neem van 21-jarige Johan Lamprecht. Lamprecht was ‘n geliefde gemeenskapslid, ‘n professionele jagter en het diep spore getrap in sy kort jare. 

Johan se werkgewer het hom 27 Februarie 2017 bewusteloos in sy woning aangetref en inderhaas na die Thabazimbi Mediclinic vervoer. Vandaar is hy oorgeplaas na die Life Peglerae –hospitaal te Rustenburg, waar hy Woensdag, 15 Maart 2017, beswyk het aan malaria omstreeks 05h30 die oggend. 

Lamprecht het voor sy dood verkoue simptome gehad, en nie malaria vermoed nie. Volgens Mari Meintjes van die boerevereniging, was Lamprecht se niere ook aangetas in die proses. “Ons is so geweldig geskok oor Johan se heengaan. Almal wat hom geken het, was lief vir hom!” 

Wyle Johan Lamprecht
Wyle Johan Lamprecht

Johan Lamprecht se begrafnisdiens word Saterdag, 18 Maart 2017, om 11 uur die oggend gehou vanuit die NG Kerk Wolmaransstad.

  • Volgens Johan Young, ‘n boer in die omgewing, is daar vermoedelik op Woensdag, 15 Maart 2017, berig dat 47 gevalle van malaria die afgelope paar weke gerapporteer is.

Meer as 20 in die Ellisras gebied en die ander in die Thabazimbi en die Northam area.

Share this article with a friend...