Articles
Sport & School News
24 March 2017

Rustenburg – Rustenburg Impala Rugby Klub se Tweedes, die Vikings, het deurgedring na die Assupol finale te Loftus Versfeld op Saterdag, 18 Maart 2017, maar het die trofee verloor met ‘n telling van 25-13. McDonald Duma en Marvan Lackay het beide goeie wedstryde gespeel.

Volgende op die boeke vir die rugby manne van die Rustenburg Impala Rugby Klub, is die Carlton Liga wat op 22 April 2017 afskop. Díe Pretoria liga sluit spanne soos Tukkies, Centurion en die Naka Bulle in. Impala skryf vyf spanne in vir die Carlton liga, die o/19, o/21, 3de span, 2de span en 1ste span.

Sit solank die biltong bestelling in want hier gaan die groot honde blaf!

Ons nooi almal uit in die dorp om te kom saam oefen!

Enige iemand wat by die klub wil aansluit, is meer as welkom om die welbekende hoofafrigter, Nico Le Roux, te kontak by 073-177 8299.

Die Newrak Impala Rugby klub se jaarvergadering vind plaas op 27 Maart 2017 om 18h30. Alle geregistreerde lede word uitgenooi om die vergadering by te woon. Skakel Naas Olivier, bestuurder van die klub, by 082-926 8403 vir meer inligting.

Share this article with a friend...