Articles
Sport & School News
24 March 2017

Rustenburg – Die Rustenburg Warriors, onder leiding van John Griffiths (hoofafrigter), is hard aan die oefen! Op Saterdag, 18 Maart 2017, het die manne skoonskip gemaak en wen Leeudoringstad oortuigend met ‘n telling van 55-5.

Die naweek, Saterdag 25 Maart, draf die Warriors op teen Matlosana om 17h30 by die Bobby’s rugbyvelde. Kom ondersteun die Warriors gerus!

Kyk hoe onderskep die Warriors die bal in die lynstaan.

Oefening sessies vind Maandae, Dinsdae en Donderdae om 18h00 plaas by die Bobbies Rugby klub.

Alle belangstellendes wat by díe manne wil aansluit, kontak vir Griffiths by 079-849 0813 of deur ‘n e-pos aan john.griffiths@implats.co.za te stuur. 

Share this article with a friend...