Articles
Social & Community News
16 August 2019

Rustenburg – Op Donderdag 8 Augustus kom ek op ‘n toneel af wat enige natuur liefhebber ‘n gril sal gee tot in hul binnestes.


Twee munisipalewerkers staan, saag in die hand, besig om ‘n pragtige Sambreeldoringboom, Acacia Tortilis, af te saag.


Toe ek hul vra waarom hul die lieflike boom afsaag antwoord hul ewe gedwee: “Ons hoof kort vuurmaak hout.” Asof hulle hoof enige besitsreg oor die inheemse flora het.- ek hoop net hy’t reeds ‘n ou vleisie gehad vir die braai of het hy ook sommer vir homself ‘n bokkie laat skiet in die natuurreservaat?


Die enorme Sambreeldoringboom, was stomp afgesaag terwyl ‘n reuse uitheemse Sering wat dubbel die grote van die doringboom in vrede gelos word. Rustenburg se doringbome is alombekend vir hulle prag. Die bome was die onderwerp van die bekende skilder JH Pierneef se werke in die 1920’s. 


Kon hierdie mense nie maar net eerder die indringerboom verwyder vir hul keiser se vuurherd nie?
Rustenburg Munisipaliteit is doelbewustelik besig om ons inheemsebome in Rustenburg te vernietig.


Oom Johan

Die inheemse Sambreeldoringboom vernietig terwyl indringer pes bome vryeteel gegee word

 

Share this article with a friend...