Articles
Crime & Accidents News
13 January 2017

Rustenburg – “Kom ons gee misdaad sáám ‘n bloedneus.” Só sê Kaptein Elsabé Augoustides van die Rustenburgse Polisie in ‘n onderhoud met die Platinum Weekly koerant.

Kaptein Augoustides, voormalige woordvoerder van die Rustenburg Polisie is met ope arms terug verwelkom na haar aansoek om terug te keer na die Manne en Vroue in Blou. Sy is weer in haar pos as woordvoerder aangestel. Augoustides is kort voor Kersfees 2016 weer by die Rustenburg Polisie aangestel.

“Dit is vir my ‘n ware voorreg om weer ons gemeenskap te dien. My fokus vanjaar lê by professionele dienslewering en die mobilisering van die sukses van ons operasies.”

Platinum Weekly Newspaper: Kom-ons-gee-misdaad-saam-’n-bloedneus!
Kaptein Elsabé Augoustides

 

Share this article with a friend...