Articles
Social & Community News
13 January 2017

Rustenburg – Graag wil ons, die span hier by Platinum Weekly koerant, al ons lesers en mense in ons kontrei hartlik terug verwelkom na ‘n welverdiende vakansie.

Die jaar 2016 het verskeie laagte- sowel as hoogtepunte ingehou. Ons het steunpilare in die gemeenskap gegroet en saam ons hartseer probeer salf.

Saam stap ons nou 2017 in.

Ons is trots op ons slimkoppe Graad 12’s van verlede jaar en wens al die leerders hierdie jaar ‘n geseënde jaar toe.

Welkom ook aan alle nuwe intrekkers in die kontrei. Ons mense is warm en verwelkomend. Kom loer gerus in by ons kantoor om ‘n koppie boeretroos te drink.

Ons wens al ons mense ‘n bakgat jaar toe. Mag ons almal geseën wees, die Here se leiding in ons lewens koester, en veilig aan die einde van 2017 bymekaar wees.

Platinum Weekly span

Share this article with a friend...