Articles
Social & Community News
31 March 2017

Rustenburg – Sowat 15 jaar gelede is die behoefte raakgesien in die Platinastreek vir ‘n aandtak, sodat werkende dames ook die Vroue Landbou Unie (VLU) kan bywoon. Die Kashané VLU aandtak is gestig onder leiding van Lettie de Bruin wat op daardie stadium die streeksvoorsitter van Platinastreek was. 

Van links; Pam van Rensburg, president van Noordwes VLU; Elaine Smit, voorsitter van Platinastreek; Maryke Oberholzer, 1ste visie; en Joan von Maltitz van Volmoed.

Díe tak is nog steeds volstoom aan die gang. Vandag woon Lettie de Bruin in Potchefstroom, maar het die onlangse Platinastreek konferensie bygewoon. 

Van links; Marie Williamse, Kashané VLU sekretaresse; Francis Liebel wat die stigtersvergadering van Kashané bygewoon het; Lettie de Bruin, voormalige streeksvoorsitter van die Platinastreek; en Charmaine Olivier wat ook 15 jaar gelede Kashané VLU se stigtersvergadering bygewoon het, en nou voltydse lid van Kashané.

Die Platinastreek konferensie was op 15 Maart 2017 by Oppieberg Rustenburg aangebied, met die Volmoed VLU as gasvrou van die geleentheid, en ‘oestyd’ as tema.

Share this article with a friend...