Articles
Churches & NGO News
07 April 2017

Rustenburg – Die welbekende StaanSaam Rustenburg span, onder die leiding van Naomi Pasino, is ‘n steunpilaar vir ons gemeenskap, jaar in en jaar uit. 

Hulle het tans sowat 305 gesinne in Rustenburg alleenlik, vir wie hulle op ‘n twee-weeklikse basis voedsel en noodsaaklikhede skenk. 

“Maar ons koskaste is tans aan die maer kant gesaai,” aldus Naomi Pasino. “Ons vra graag dat die gemeenskap, díe wat hulle harte en/of beursies kan oopmaak, ons help in ons taak om na die minderbevoorregtes van die stad om te sien.” 

Kos voorraad byvoorbeeld mieliemeel, suiker, sout, poeier melk, pasta – of enige nie-bederfbare voedsel sal waardeer word. “Selfs vars kos sal waardeer word, ons sal dit self bewerk en spoedig versprei,” sê Naomi. 

Indien u voedsel donasies wil maak, skakel Erika by 084-220 0063 of Juanita by 083-444 6391, vir meer inligting. Indien ‘n finansiële bydrae wil lewer, hier is StaanSaam Rustenburg se kleinkas bank rekening details; J Louw; Standard Bank; Rek no: 10048489539; Takkode: 00051001.

Share this article with a friend...