Articles
Sport & School News
05 June 2020

• Vir starters ou grote... 'n yskoue Germaanse bruisdrankie, daar vat hy! Op vlak drie!

• Die gewese Cheetah coach, Franco Smith, is aangewys as die hoofafrigter van Italië. Die begaafde rugga ghoeroe sal hopelik met baie genade die Azzuris weer op die wenpad kry. Nog 'n Suid-Afrikaner, Marius Goosen, sal Smith se assistent wees.

• Die Australiaanse Rugby Unie het aangekondig dat hulle ongeveer 5.5 miljoen dollar sal spaar deur 47 van die 142 voltydse poste vir eers op ys te sit. COVID-19 slaan orals hard toe ou grote.

• Nog steeds in Aussie land, die Western Force het bevestig dat hulle wel deel van 'n plaaslike super kompetisie sal wees wat blykbaar in Julie die lig sal sien.

• Die Sunwolves sal egter nie soos aanvanklik beplan en gehoop is, aan die Aussies se reeks deelneem nie. So dan is dit dan nou ook die einde van 'n era vir die Japanese Wolwe.

• Daar word in die gange gefluister dat die SA Super-spanne dalk in 2023 in die PRO-14 Reeks gaan moet meeding. Die aanduidings dat SA nie meer welkom is in die Supereeks nie word onderskeidelik deur die Wallabie en Kiwi kapteins gedeel. Sam Cane en Michael Hooper voel dat die vermoeiende reis aspek van die Supereeks net te veeleisend is.

• Die ander groot nuus is dat Argentinië se spelers die groen lig gekry het om in ander lande te gaan speel sonder enige teenkanting van die unie.

• Nog 'n Blou Bul het pad gevat... Divan Rossouw het oor die jukskei gestap om nou in die Leeukamp te gaan wei.

• By die Bulle het bra Jake nog 'n paar aanstellings gemaak wat die manne by die braai vergaderings nog baie besig gaan hou ou grote. White het vir Joey Mongalo aangestel as die verdedigings coach. Nollis Marais gaan die afbreekpunte se lektor wees en Pine Pienaar die tegniese adviseur. Russell Winter het nou baie maats om bra Jake by te staan.

• Dan is daar goeie nuus wat deurgekom het. Spelers mag terugkeer oefenveld toe maar sonder enige kontak. So hopelik sal daar dalk in Augustus plaaslik weer bal gespeel word.

• Veilig wees maats, en veral om ietsie koud te vat, en haal asseblief net die masker af as jy sluk Kwagga, want as jy mors word buurman nors. Hoe later hoe kwater...

Nag ou grote…

Share this article with a friend...