Articles
Sport & School News
11 June 2020
  • Duisende Nieu-Seelanders maak hulle reg om Saterdag en Sondag weer fisies ruggas te kan kyk met die afskop van die splinternuwe Aotearoa-kompetisie in Kiwiland.
  • Saterdag 13 Junie om 09:05 draf die Highlanders teen die Chiefs uit in die Forsyth Barr Stadium.
  • Sondag 14 Junie om 05:35 is dit die Blues wat die Hurricanes in Auckland die stryd gaan aansê.
  • Van die verwagte tweestryd tussen die twee Barrett-boeties gaan daar niks van kom nie, met Jordie wat moes onttrek weens 'n besering. Wat wel wêreldwyd opslae gemaak het, is die feit dat die gewese All Black legende, Dan Carter, in hierdie kompetisie vir die Blues gaan uitdraf ou grote. Carter, slegs 38 jaar oud is glo topfiks en gaan saam Beauden Barrett die veld aan die brand speel mater.
  • Sam Cane, eers die Chiefs en ook nou die All Blacks cappie, gaan ook die eerste game mis weens ‘n besering. Beide hierdie games word op Super Sport uitgesaai.
  • In SA is daar eers einde Augustus 'n moontlikheid van 'n plaaslike reeks, aldus Jurie Roux.
  • Daar is dalk 'n moontlikheid dat die Bokke teen die einde van die jaar dalk aan die "Festival of Rugby" in Londen kan deelneem. Die Feesruggas sal dan uit die Ses Nasies Lande tesame met Japan en SA meeding.
  • In die Blou Bul kamp heers daar groot blydskap met die nuus dat die Bok yster Duane Vermeulen, eersdaags weer vir die Bulle gaan uitdraf. Nog 'n heavy weight is ook deur bra Jake gelok om die Bulle agttal te versterk. Arno Botha is ook weer tuis.
  • Die Blitsbok Rosko Specman verlaat egter die Bulle en sluit weer by die Cheetahs aan. Cornal Hendricks gaan aanbly vir die Bulle.
  • Een van die beste Blitsbokke het besluit om sy vinnige skoene op te hang. Die 32-jarige Cecil Afrika se loopbaan is vir nou eers verby. Africa het 12 jaar diens gedoen vir die Blitse. Hy het 1452 punte aangeteken en 345 games gespeel. Africa gaan 'n groot leemte laat en was op en af van die veld 'n super ster.
  • In die Haaikamp het die gewese cappie van die Haaie, Louis Schreuder, besluit om te groet. Daar word gefluister dat Schreuder se kontrak nie verleng gaan word nie weens sy ouderdom. Die unie wil blykbaar twee jong skrummies agter die oond diens laat doen.
  • Hou afstand, matigheid in die Weskaap, en moet nie maskers vergeet nie maats.

Nag ou grote...

 

Share this article with a friend...