Articles
Sport & School News
19 June 2020

Rustenburg – Bergsig Akademie was op Maandag 8 Junie opgewonde om hul deure te heropen aan die matrikulante. Dit was soos om met familie te herenig na gelang. Dit is wonderlik om weer lewe te sien tussen al die geboue wat vir weke soos ‘n spookskool gelyk het.

Die matrikulante het vol geesdrif opgedaag by die skool, blink oë, vol lewenslus, uitgerus en reg om al die nodige roetines te volg.

Leerders het die nodige opleiding ontvang by hul voogde, rakende al die reëls en regulasies, afstande wat gehandhaaf moet word en maskers wat gedra moet word. Die leerders was pligsgetrou en het baie mooi saamgewerk.

Al die personeel was gereed om die leerders te motiveer en te ondersteun. Dit was wonderlik om die eerste fase te betree en hul Graad 12-leerders by die skool terug te verwelkom. Die res van die jaar gaan harde werk wees – maar die leerders is slaggereed.

Corné Human is bly om terug te wees, masker en al!
Bergsig Akademie onderwyser Hentie Nel in die Engelse klas met haar skerm op.
Die Graad 12 groep is terug en slaggereed om te leer.

 

Share this article with a friend...