Articles
Sport & School News
03 July 2020

Blues vs Highlanders

Die Blues klop die Highlanders in ‘n titaniese stryd met 27-24. Die Highlanders het die laaste twintig minute die een aanval na die ander geloods, maar puik verdediging deur die tuisspan het vir hulle die wa deur die drif getrek.

Die Blues is nou onoorwonne na drie games en het dan ‘n welverdiende loslootjie in week vier. Die Highlanders het baie werk wat wag vir hulle, en die afwesigheid van Ben Smith word gevoel in die span se aanvalpatrone. Die gewese All Black was die spil waarom die aanvalle gedraai het vir die Highlanders. Die Blues druk vier drieë en behaal dan ook ‘n waardevolle bonuspunt.

Die Highlanders se volgende game is teen die Crusaders wat beslis nie maklik gaan wees nie.

Crusaders vs Chiefs

In Christchurch was die onplesierige, nat en koue weersomstandighede ruggas se grootste teenstander. Die Saders wen hierdie harde game 18-13 en sal hierdie wen maar gou wil vergeet... Maar ‘n wen is ‘n wen ou grote en veral in hierdie game was die bounce of the ball deurslaggewend.

Vir die Saders het die jong heelagter Will Jordan geskitter en is ook vir die tweede week in ‘n ry as die speler van die wedstryd aangewys. Slegte nuus is dan dat Scott Barrett, die cappie, ‘n operasie ondergaan het en vir res van die seisoen op die krukkelys sal wees.

Die Crusaders speel volgende teen die Highlanders en die Chiefs draf teen die Hurricanes uit in Waikato.

* Die nuus vir plaaslike ruggas is nog baie vaag en daar word bespiegel dat die fluitjies moontlik in Augustus kan blaas.
Nag ou grote...

Share this article with a friend...