Articles
Sport & School News
17 July 2020

NZ Aotearoa Series

Crusaders vs Blues

In Christchurch behaal die Saders hulle 36 agtereenvolgende oorwinning en klop die Blues met 26-15. Maklik was die oorwinning nie want die Blues se verdediging was uit die boonste rakke, maar die Saders verwerk die druk en toon dat hulle nie maklik geklop sal word nie.

Met naartjietyd was die Blues 7-6 voor maar in die tweede helfte het die Saders na hul hoogste rat oorgeskakel. Hierdie game het skitterende ruggas opgelewer – net soos die Kiwi's dit kan vermag! Die standaard van bal in hand is net out of this world mate! Met die Saders se onoorwonne rekord het hulle nou agtien punte op die puntetabel verdien met die Blues tweede met 12 punte.

Die Saders het ‘n loslootjie in die volgende ronde met die Blues wat teen die Hurricanes in Wellington gaan uitdraf.

Hurricanes vs Highlanders

Die Hurricanes behaal hulle tweede sege van die Aotearoa reeks en klop die Highlanders 17-11 in Wellington. Die Canes het gaan water drink met die telbord 12-0 in hulle guns. Die Highlanders het met meer aggressie die tweede helfte opgedraf en moedig probeer, maar was net nie goed genoeg op die dag nie.

Kobus van Wyk het weer ‘n drie gedruk en is ook nou een van die voorste drie drukkers. Op die puntetabel is die Hurricanes in die derde plek met 8 punte, en die Highlanders op 6 punte.

Die Highlanders speel volgende teen die Chiefs in Waikato. Die Canes speel tuis teen die Blues.

Aussie Super Rugby

Western Force vs Waratahs

Die Western Force se terugkeer na Superuggas was nie heeltemal wat hulle sou wou wees nie en verloor in Perth teen die Waratahs met 14-23. Met rustyd was die Force 14-0 voor op die telbord... toe val hulle heeltemal uit die bus in die tweede helfte en laat die Tahs toe om 23 onbeantwoorde punte aan te teken om as oorwinnaars van die veld te stap.

Die ruggas wat gespeel is, is ook nou nie veel om van opgewonde te raak nie en was nie naastenby die gehalte van die Kiwi's wat te sien is in die NZ-kompetisie nie.

Die Waratahs speel volgende teen die Brumbies met die Force wat Queensland toe reis om teen die Reds uit te draf.

Rebels vs Reds

In Melbourne speel die Rebels en die Reds gelykop met 18 punte elk. Hierdie was ook verseker nie die mees opwindendste tagtig minute wat 'n normale rugga supporter wou deurbring nie, dit was maar weer net ‘n tipiese Aussie-derby.

Die Reds se volgende game is teen die Western Force in Queensland met die Rebels wat ‘n loslootjie geniet.

Nag ou grote... Stadig met die Oros...

Share this article with a friend...